Outisme: Die gebruik van Toegepaste Gedragsanalise (ABA) in die behandeling van outisme en die stryd teen wanopvattings in ABA
Toegepaste Gedragsanalise, oftewel Applied Behaviour Analysis (ABA) is ‘n hedendaagse wonderwerk. Ongelukkig is ABA taboe in sommige outisme gemeenskappe. Daar is menigte redes hiervoor, wat later in die artikel verklaar sal word. Vir eers wil ek egter simpatiseer met ouers, professionele persone en volwassenes wat met outisme leef, wat deur ander aanbeveel is om ABA te vermy in die behandeling van outisme.
As professionele instrukteur met 8 jaar ondervinding in die veld van outisme, kan ek getuig dat daar ‘n besliste verskil is in die kwaliteit van ABA programme van een diensverskaffer tot ‘n ander. Uit eie ervaring kan ek vele stories vertel van hoe lewens van kinders met outisme verander en verryk word, en dus die lewens van hul gesinne deur die gebruik van kwaliteit ABA as behandeling- en onderrig middel.
Die pad tot kwaliteit behandeling is vir vele families ’n lang, soms hartbrekende een, totdat hulle uiteindelik ‘n goeie gehalte ABA-program vind. Die doel van hierdie artikel is om ouers in te lig dat “goeie” ABA bestaan. Bewustheid van goeie ABA programme en diens leweraars is van uiterste belang – elke dag wat ’n kind op die spektrum sonder intervensie gaan, raak hulle verder agter en die gaping raak al groter
“Ons kinders het nie tyd om te mors nie” – by die Star Academy, neem ons hierdie
stelling baie ernstig op.
Om die kenmerke van goeie ABA te herken, moet ons kyk hoe outisme gedefinieer word, wat ABA is en sowel as die mees algemene wanopvattings oor ABA.
Definisie van outisme:
Outisme of Outisme Spektrum versteuring (ASD) word gedefinieer as uitdagings met betrekking tot sosiale kommunikasie en sosiale interaksie. Dit sluit in tekorte in sosiaal-emosionele wederkerigheid, tekorte in nie-verbale kommunikasie en n tekort in die ontwikkeling, instandhouding en begrip van verhoudings. Dit sluit ook beperkte, herhalende patrone van gedrag en belange in.
Outisme-kenmerke kom gewoonlik gedurende die eerste drie jaar van ‘n kind se lewe voor. Sommige kinders met outisme bereik nie die ontwikkelings mylpale in vergelyking met tipies ontwikkelende kinders nie, waar ander wel die mylpale haal, net om vaardighede soos spraak, oogkontak, ens. te verloor. Dit staan algemeen bekend as regressiewe outisme.
Die DSM-5 gee ‘n omvattende definisie van wat outisme is. Die definiëring van outisme is egter nie genoeg om ‘n behandelingsplan te ontwikkel nie. Outisme is ‘n komplekse spektrum versteuring – elke persoon met outisme het unieke sterk punte en uitdagings. Outisme wissel in omvang van aansienlike ondersteuning wat benodig word om funksioneel op te tree in die alledaagse lewe, tot sommige beperkinge tot ‘n andersins ‘normale’ lewe.
Verder behels ‘n outisme diagnose soveel meer as wat ons in die verlede van bewus was. Dit sluit nou in wat voorheen bekend was as Asperger sindroom, ‘n deurdringende ontwikkelingsversteuring en kinderlike-disintegrasieversteuring. Daarmee gepaard is daar menigte ko-morbide afwykings waarmee ‘n kind op die outisme spektrum ook gediagnoseer kan word, soos; ‘n ‘Fragile’ X-sindroom, Epilepsie, Sensoriese Disintegrasieversteuring, Downsindroom en aandag afleibaarheid- en hiperaktiwiteit versteuring, om net ‘n handvol te noem. Sommige kinders met outisme het ook gastro-intestinale versteurings.
Dit beklemtoon die kompleksiteit van die outisme spektrum en herinner my aan een van my gunsteling stellings: “Sodra jy een persoon met outisme ontmoet het, het jy net een persoon met outisme ontmoet.” Dit kan nie meer waar wees nie. As jy na die behandeling van outisme kyk, moet hierdie stelling te alle tye in gedagte gehou word. As ons die definiëring van outisme en die moontlike ko-morbiede afwykings wat elke kind met outisme mag he in ag neem, is dit duidelik dat ‘n geïndividualiseerde behandelingsplan die enigste weg vorentoe is.
ń Dieper kyk na ABA
ABA is die toepassing van gedragsbeginsels op kwessies wat sosiaal belangrik is om praktiese verandering teweeg te bring. Die beginsels van gedrag verklaar dat ‘n wenslike gevolg van ‘n gedrag die toekomstige frekwensie van die gedrag sal verhoog, terwyl ‘n ongewenste gevolg die toekomstige frekwensie van daardie gedrag sal verminder.
In meer vereenvoudigde terme, beteken dit dat as ons gedrag (dit is enigiets wat ons doen of sê) versterk of ‘reinforce’ (iets goed gee), hierdie gedrag meer dikwels sal voorkom; as ons nie ‘n gedrag versterk of ‘reinforce’ nie, sal die gedrag minder gereeld voorkom of stop.
Hierdie beginsel geld beide in die navorsings konteks sowels as in ons alledaagse lewe. Kom ons kyk na ‘n voorbeeld hiervan in die alledaagse lewe: As jy op die snelweg jaag, maar nooit gevang word nie, is die kans dat jy hierdie gedrag sal herhaal redelik groot. As jy op ‘n dag afgetrek en beboet word, sal jy die volgende dag twee keer dink voor jy in daardie gebied jaag. As jy ‘n tweede keer op dieselfde plek oorgetrek word, sal jy waarskynlik elke keer by daardie plek by die spoedgrens bly. Dit bring my tot my volgende punt: hoe meer konsekwent die gevolg van ‘n gedrag, hoe sterker is die verandering in daardie gedrag.
In ABA gebruik ons hierdie beginsels om eerstens, op die vaardighede van die kind met outisme (vaardigheidsontwikkeling) te bou en uit te brei en tweedens enige uitdagende / onvanpaste gedrag wat ‘n kind met outisme vertoon, te verminder (gedragsbestuur).
Vaardigheidsontwikkeling
Die Star Academy se kurrikulum bestaan uit 8 domeine: Taal domein, ‘Adaptive’ domein, Speel domein, Sosiale domein, Kognisie domein, Uitvoerende Funksies domein en Akademiese domein. By die Star Academy word die kind as geheel geassesseer om sy of haar sterktes en tekortkominge te bepaal, in elk van die voorgenoemde ontwikkelings areas. Dit lei die Star Academy ‘supervisor’ in die ontwerp van ‘n geïndividualiseerde program wat spesifiek voorsiening maak vir daardie kind se behoeftes.
Gedrags beheer
Die oorgrote meerderheid kinders met outisme sukkel om hul behoeftes te kommunikeer on ‘n sosiaal aanvaarbare wyse. Probleem gedrag vind dikwels sy oorsrong in hierdie kommunikasie-gaping. By die Star Academy analiseer die instrukteurs hierdie gedrag om die funksie van die gedrag te bepaal – wat probeer die kind met hierdie gedrag kommunikeer? Sodra die funksie bepaal word, word ‘n meer toepaslike / sosiaal aanvaarbare manier om hierdie behoefte / begeerte te kommunikeer, vir die kind aangeleer. Hierdie leer proses behels dat die onvanpaste gedrag nie meer lei na dit wat die kind probeer kommunikeer nie, en die vervanging van die probleem gedrag met ‘n nuwe gedrag wat konsekwent lei tot dit wat die kind wil he.
Algemene voorbeelde van hierdie proses in die praktyk:
John wil ‘n peuselhappie hê (voorloper) – Hy tantrum (die gedrag) – Hy kry die peuselhappie (die gevolg). Dus sal die toekomstige frekwensie van tantrum gedrag toeneem namate hy leer dat hy ‘n peuselhappie kry wanneer hy tantrum.
John wil ‘n peuselhappie hê (voorloper) – Hy tantrum (die gedrag) – Hy kry nie ‘n peuselhappie nie (die gevolg). Dus sal die toekomstige frekwensie van tantrum gedrag afneem, aangesien hy leer dat hy nie ‘n peuselhappie kry nie as hy tantrum.
John wil ‘n peuselhappie hê (voorloper) – Hy vra vir ‘n peuselhappie (die gedrag) – Hy kry die peuselhappie (die gevolg). Dus sal die toekomstige frekwensie van toepaslike kommunikasie toeneem namate hy leer dat hy ‘n peuselhappie kry wanneer hy toepaslik vra.
Hierdie is slegs ‘n vereenvoudigde verduideliking van hoe ABA gebruik kan word om ‘n kind se kommunikasie vaardighede te verbreed en hul probleem gedrag te verminder. ABA is meer kompleks as wat in hierdie artikel uitgedruk kan word. Dinge om in gedagte te hou wanneer jy die voorbeelde lees;
- Kinders met outisme maak gebruik van onvanpaste gedrag om baie behoeftes / begeertes / emosies ens. te kommunikeer. Sommige funksies van die gedrag is maklik om te bepaal terwyl ander funksies van gedrag meer kompleks kan wees. Die tipe analise wat gedoen word om te bepaal hoekom die gedrag plaasvind, kan wissel op grond van die gedrag.
- Sommige kinders word geleer om hul behoeftes te kommunikeer deur middel van spraak, ander word geleer om dit te doen deur alternatiewe kommunikasie strategieë te gebruik.
- Die gepaste gedrag om hierdie behoefte / begeerte te kommunikeer, word geleer deur die gedrag aan te spoor en dan die aansporings sistematies te verminder totdat die kind onafhanklik kan kommunikeer.
- Teen hierdie tyd kan mens dink dat dit onrealisties is om elke geval van toepaslike kommunikasie te versterk deur die kind te gee wat hy / sy aangevra het. Jy is absoluut reg! Strategieë om dit aan te spreek word by die program ingebou. Sodra ‘n kind sy / haar behoeftes / begeertes suksesvol kan kommunikeer, word die versterkingskedule stelselmatig verminder.
Hierdie is net ‘n paar van die vele waardes wat ‘n ABA-program goed maak! Hierdie strategieë en metodes wat binne die program gebruik word, rus ‘n kind met outisme toe om die beste lewe te leef wat hy / sy kan lewe.
Daar is niemand met ‘n groter, meer stresvolle, meer uitdagende taak om die pad vorentoe te beplan as ouers wat pas by die wêreld van outisme aangesluit het nie. Die eerste stap, en die mees natuurlikste stap wat ouers neem, is ‘n soektog op die internet vir ondersteuning en advies te loods. Ons sluit by gemeenskappe aan en leer uit ander se ervarings. In vandag se lewe, met die stygende syfers in outisme diagnose, is daar talle aanlynondersteuningsgroepe, artikels wat inlig bied oor besluite wat geneem moet word, die behandelingsopsies, ens. Dit is magies in die manier waarop dit ouers verbind met ander wat hul stryd verstaan. In hierdie moeilike, deurlopende stryd teen outisme maak ‘n ondersteunings netwerk die pad na ‘n ‘beter’ lewe ‘n bietjie makliker. Al hierdie (soms kontrasterende) inligting kan egter oorweldigend wees en lei tot meer spanning en angs. Nie almal stem saam met die pad vorentoe nie.
Ek sien dikwels hoeveel ouers die ABA-waters toets, bang om te begin, maar so desperaat is om hul kind te ondersteun in die stryd teen outisme. Alhoewel dit nooit te laat is nie, is vroeë ingryping noodsaaklik. Om hierdie rede is dit noodsaaklik om die woord van “goeie” ABA te versprei en sommige wanopvattings op te klaar:
1. ABA is eksperimenteel in die behandeling van outisme
Hierdie stelling kan nie verder van die waarheid wees nie. ABA is ‘n empiries-gebaseerde wetenskap met meer navorsing om sy doeltreffendheid te ondersteun as enige ander terapie wat vir kinders met outisme gebruik word. Wetenskaplike, eweknie-geëvalueerde studies oor die praktyk en effekte van ABA word al vir meer as 30 jaar uitgevoer. Data-insameling is ‘n belangrike aspek van ABA en dien as bewyse van die individu se vordering oor tyd.
2. Outisme word behandel deur die gebruik van straf
Straf leer ‘n kind om nie van ‘n spesifieke gedrag gebruik te maak in die teenwoordigheid van die straf stimuli nie. Dit leer nie die kind hoe om die meer toepaslike gedrag as ‘n vervanging nie te gebruik nie. Ware ABA word gekenmerk deur die gebruik van positiewe versterkings prosedures. Geen aanstootlike stimuli word in die onderrigproses gebruik nie. Een van die hoofdoelwitte van ABA is om onvanpaste gedrag met gepaste gedrag te vervang. Dit kan nie deur die gebruik van straf gedoen word nie.
3. Die gebruik van ABA as ‘n behandeling vir outisme veroorsaak dat kinders soos robotte optree
Wanneer ABA op die regte wyse geïmplementeer word, is dit onmoontlik! ABA het baie verskillende onderrigstrategieë waarvan gebruik gemaak word om kinders met outisme te leer. Sommige is meer gestruktureerd, terwyl ander die vorm van speelaktiwiteite aanneem. Een van hierdie strategieë word ‘Discrete Trial Training’ (DTT) genoem. Hierdie instruksie tegniek behels gereelde herhaling van die geteikende vaardighede. Dit is ook ‘n baie gestruktureerde manier van onderrig. Vir sommige kinders op die outisme spektrum kan dit nodig wees om ‘n meer gestruktureerde onderrigtegniek te gebruik om die grondwerk te lê vir bemeestering van bogenoemde vaardighede. Alhoewel sommige onderrigtegnieke meer gestruktureerd is, sluit ‘n toepaslik-ontwerpte program strategieë in om die ontwikkeling van “klein robotte” te voorkom.
Die meeste kinders met outisme leer nie soos hul vriende op skool nie. Dit is dus vir ons ‘n manier om hulle te onderrig. In ABA doen ons presies dit. As dit lei tot die ontwikkeling van “robotte”, is dit beslis nie die toepassing van goeie ABA nie.
4. ABA is slegs vir kinders met outisme
ABA is baie effektief in die behandeling van outisme, maar dit stop nie daar nie. Adolessente en volwassenes kan ook baie baat vind by ABA. Daarbenewens kan ABA gebruik word in die behandeling van ander versteurings soos ADHD en Down Sindroom.
5. ABA is ‘n tegniek wat gebruik word om diere op te lei
Soos vroeër genoem, is ABA gegrond op die beginsels van gedrag. Hierdie beginsels word gebruik om nuwe vaardighede te onderrig en om probleemgedrag te onder beheer te bring. Dit is waar dat sommige mense dit in die opleiding van diere gebruik. Die gebruik van ABA is egter nie beperk tot een spesifieke veld van gedrag nie, en ook nie die sukses daarvan nie.
6. ABA gebruik eetgoed in die onderrigproses wat kinders met outisme afhanklik maak van eetgoed
Die waarde van versterkings in die onderrigproses kan nie genoeg beklemtoon word nie. Wanneer ‘n kind gemotiveer is om te leer, kan die bou van suksesvolle vaardighede en gedrags beheer gewaarborg word. Afhangende van die kind, word eetgoed en drinkgoed die meeste gebruik as versterkers om motivering te verseker. Daarbenewens sluit ‘n effektiewe ABA-program altyd strategieë in om dit oor tyd te verminder. Dus is die gebruik van eetbare / tasbare versterkers soms algemeen in die aanvanklike stadiums van die program, maar deur middel van ‘pairing’ en gedetailleerde beplanning vir die toekoms word kinders geleer om versterkings in hul natuurlike omgewing te vind.
Hierdie is net ‘n paar van die wanopvattings wat bestaan oor ABA.
Onthou die volgende belangrike feite wanneer u wanopvattings waarneem wat in die pad kan staan van effektiewe behandeling van outisme:
- ABA is ‘n effektiewe behandelingsplan vir kinders met outisme en verwante afwykings. Dit kan gerugsteun word deur jare van wetenskaplike navorsing.
- Die doel van ABA is om op ‘n kind se vaardighede te bou en toepaslike maniere van kommunikasie te leer, met die doel om kinders met outisme in die gemeenskap te sosialiseer. Dit beoog ook om diegene met outisme met die nodige lewensvaardighede toe te rus om produktiewe en aktiewe lede van die samelewing te wees.
- ABA poog om diegene met outisme te bevry deur hulle ‘n manier te gee om te kommunikeer en die vermoë te gee om te leer. Daarom moet toegang tot “goeie” ABA ‘n basiese mensereg wees.