Aspergers Onderrig

Aspergers Onderrig

Aspergers Onderrig, alhoewel uitdagende gedrag dikwels die primêre struikelblok is vir die ondersteuning van studente met Asperger se sindroom (herklassifiseer as ASD volgens die DSM 5), is daar min gepubliseerde studies om opvoeders te rig op die mees effektiewe gedrag benaderings vir hierdie studente. Wat ons vandag by Star Academy ken en implementeer, is grootliks gebaseer op die navorsing deur Ivor Lovaas gedoen, en ondervinding wat sterk op strategieë van die Toegepaste Gedragsanalise- (oftewel Applied Behaviour Analysis) metodologie berus. Wat egter duidelik blyk, is dat effektiewe gedragsondersteuning hoogs geïndividualiseerde praktyke vereis wat primêre probleme met sosiale begrip en interaksies, pragmatiese kommunikasie, angs vermoë, voorkeure vir samehorigheid en reëls en ritualistiese gedrag aanspreek.

Dit is belangrik om ‘n geïndividualiseerde opvoedkundige plan in plek te hê om jou Aspergers kind te help presteer. Dit kan hulle help om op skool te slaag, sosiale vaardighede te bou en hul selfvertroue sowel as onafhanklikheid te verbeter, en ‘n aktiewe lid van die klaskamer te word. Daar is verskillende tipes leer omgewings vir kinders met Asperger se sindroom, naamlik toegewyde skole, toegewyde klasse, geïntegreerde klasse, onttrekkings klasse, hoofstroom klasse met direkte ondersteuning en hoofstroom klasse met indirekte ondersteuning. Daarmee saam, wissel Asperger se skole in die tipe ondersteuning wat hulle bied. Verskillende skole bied verskillende akkommodasie, aanpassings en dienste aan vir kinders met Asperger se sindroom. Dit is egter nie jou enigste opsies nie. Met ‘n toegewyde Star Academy-span bevorder ons inklusiewe onderwys in hoofstroom skole, met geïndividualiseerde onderwysplanne, om u kind te help om suksesvol te wees. Ons vind dikwels dat solank u kind die voorvereistes vir ‘n hoofstroom skool behaal en / of met voldoende ondersteuning betree, die hoofstroom-skoolomgewing beter sosiale gedrags-modelle bied en meer geleenthede om die sosiale en perspektiefnemings-vaardighede te oefen wat u kind nodig het.

Die doel van ons Star Academy-skool fasiliteringsprogramme vir Aspergers Onderrig is om ‘n opvoedings plan vir die kind aan te pas wat hulle die beste skoolomgewing vir hul vermoëns sal bied. Ons doel is dat die kind ‘n aktiewe en uiteindelik onafhanklike lid van die klaskamer moet wees. Die toekenning van ‘n opgeleide Star Academy-fasiliteerder aan die kind sal die kind toelaat om op dreef te bly en uiteindelik die einddoel – die verwydering van die fasiliteerder en die onafhanklikheid van die kind by die skool – te bereik.

Sodra ‘n Star Academy supervisor toegewys is, sal die supervisor met die ouer ontmoet, ‘n inname assessering uitvoer op grond van die 8 areas van menslike funksionering, en die gekose skool benader om die skool plasing te bespreek. Met die eerste ontmoeting met die skool sal die supervisor bespreek wat nodig is om die betrokke kind suksesvol in die skool te plaas en watter doelwitte ons moet bereik. Die aanvanklike ontmoeting met die skool sal items dek, soos hoeveel ure per dag die kind by die skool geplaas moet word met fasilitering, op watter tye van die dag en watter lesse die kind moet bywoon en enige ander spesifieke besonderhede wat relevant is tot die kind.

By die Star Academy maak ons gebruik van ‘n integrasie tussen ‘n verskeidenheid omgewings. Byvoorbeeld, sommige kinders mag die oggend by die skool met hul Star Academy-instrukteurs bywoon en dan vir die res van die dag terugkom na die Akademie vir een-tot-een-ABA-sessies. Sodra die Star Academy supervisor u kind geassesseer het, sal hy / sy ‘n aanbeveling maak ten opsigte van skoolure teenoor een-tot-een onderrig.

Op die outisme spektrum word die simptome van Asperger se sindroom as relatief lig beskou. Kinders met die sindroom het wel spesiale onderwysbehoeftes en die toepaslikheid van hul opvoedkundige situasie is ‘n kritieke deel van hul akademiese- en persoonlike sukses van die voorskoolse jare tot en met universiteit.

Ouers moet ‘n verskeidenheid faktore ondersoek wanneer hulle besluit oor ‘n onderwysplan vir hul Asperger-kind en skool, terwyl hulle ook in ag neem dat die uiteindelike doelwit die volle onafhanklikheid van die kind in die samelewing is. Hierdie faktore sal insluit:

  • Logistiek en nabyheid van die skool
  • Vorige sukses en ervaring van skole en organisasies met inklusiewe onderwys en opgeleide professionele persone om ‘n gesamentlike benadering te vorm
  • Kwalifikasies, opleiding en ondervinding van personeel
  • Grootte van die klas
  • Onderwyser se interaksie met die kind

By die Star Academy verstaan ons dat daar geen silwer koeël is wanneer dit kom by die werk met kinders op die Outisme Spektrum nie en dat min algemene strategieë die gewenste resultate sal lewer omdat geen twee kinders op die spektrum dieselfde is nie. ‘n Aspergers-skool kan begrip bied vir die akademiese onderrig van ASD-kinders, maar akademiese groei is nie die enigste area waar hierdie kinders professionele ondersteuning benodig om hulle te help met die ontwikkeling van sekere vaardighede wat later in die lewe nodig is nie. By die Star Academy ondersteun ons jou kind op alle gebiede waarin hulle hulp nodig het, om ‘n suksesvolle lid van die klaskamer te word.

Om hierdie besluite te neem, kan enige ouer die skrik op die lyf jaag. Terwyl ‘n Aspergers-skool ‘n gepaste plasing kan wees, verbreed toegang tot hoofstroom onderrig met ‘n geïndividualiseerde onderwysplan in plek en ‘n span van Raad-gesertifiseerde Outisme-tegnici tot jou beskikking, u opsies. Wanneer dit kom by die ontwerp van programme en opvoedkundige planne vir kinders op die Outisme-spektrum, verstaan die span by die Star Academy al die faktore en invloede wat betrokke is. ‘n Geïntegreerde model met geïndividualiseerde programme moet toegepas word om te verseker dat alle faktore nie net vir die kind in ag geneem word nie, maar die gesin as geheel.

Samevattend is daar geen twyfel dat ‘n kind met Asperger se sindroom ondersteuning nodig het op skool en ander ontwikkelingsgebiede nie. Alhoewel Aspergers-skole of spesiale skole opsies is, maar soos reeds genoem, moet Asperger-skole eerder in die hoofstroom-klas geïntegreer word en die etiket en die uitsluiting wat daarmee gepaard gaan, moet verwyder word. Geïndividualiseerde programme, wat in samewerking met skole toegepas word, of toegewyde individuele terapie wat gebaseer is op ervaring en navorsing, lewer egter beter resultate en vinniger ontwikkeling vir die kinders. Dit is noodsaaklik om ‘n opgeleide persoon, soos ‘n Raad Gesertifiseerde Gedragsontleder (Board Certified Behaviour Analyst) of Raadgesertifiseerde Outisme Tegnikus (Board Certified Autism Technician), in hierdie verband te raadpleeg ten einde die regte onderwysplan, intervensie plan, skool plasing en ABA-instruksie op te stel.

Ons hoop om u te bemagtig met die inligting om u te help om besluite te neem oor behandelings opsies en Asperger-skole. Ons moedig ouers aan om hul eie navorsing sover moontlik te doen. Die Star Academy se webwerf is gevul met hulpbronne wat daarop gemik is om opvoedkundige besluite vir ouers te vergemaklik en ondersteuning te bied. Vir verdere inligting oor die beste opsies vir u kind met betrekking tot Asperger-skole of ander ondersteuningsprogramme wat u as ouer kan implementeer en programme wat vir u kind toeganklik is, kontak gerus die Star Academy vir Aspergers Onderrig.

– Amber Brooke-Smith